Gautrein

Een van die Gautrein se rytuie.
Die Gautrein se dubbelspoorlyn in Midrand.
Die Gautrein se roete. Die gespikkelde gedeelte is ondergronds.

Die Gautrein is 'n 80 km-lange hoëspoedtreinroete in Gauteng, Suid-Afrika. Die projek is ontwerp om Johannesburg via Sandton met O.R. Tambo Internasionale Lughawe en Pretoria (Tshwane) te verbind; altesaam 10 stasies is gebou en in gebruik gestel.

Aanvanklik sou die projek op een slag in diens gestel word, maar as gevolg van die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2010 wat in Suid-Afrika gehou is, is slegs die eerste fase tussen O.R. Tambo Internasionale Lughawe en Sandton in 2010 betyds vir die wêreldbeker voltooi.

Die tweede fase is op 2 Augustus 2011 in diens gestel en verbind Hatfield, Pretoria met Sandton en Sandton met Rosebank.[1] Die finale fase tussen Rosebank en Johannesburg (Parkstasie) is op 7 Junie 2012 in diens gestel[2] nadat waterprobleme in die tonnel eers opgelos moes word.[3]

  1. Van Pta na Jozi binne 38 minute![dooie skakel], Beeld, 2 Augustus 2011.
  2. Gautrein se Parkstasie-roete vandag oop Geargiveer 10 Junie 2012 op Wayback Machine, Beeld, 6 Junie 2012.
  3. Gautrein ry gou tussen Pta, Jhb, Beeld, 29 Julie 2011.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search